Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Getuies preek by die kabelkar-stasie in Khulo

 GEORGIË

“Dit is die erfbesitting van die knegte van Jehovah.”—Jes. 54:17.

“Dit is die erfbesitting van die knegte van Jehovah.”—Jes. 54:17.

JEHOVAH se knegte in Georgië het nooit opgehou om die goeie nuus te verkondig nie, en Jehovah het hulle harde werk geseën. Gevolglik het die goeie nuus die verste hoeke van die land bereik.

Verkondigers maak gereed om te preek in Ushguli, wat sowat 2 200 meter bo seevlak is

Maar in onlangse jare het ywerige verkondigers en pioniers meer daarop gefokus om die goeie nuus te verkondig in gebiede wat selde gedek word. Party dorpies  in bergagtige gebiede kan net bereik word as jy met ’n 4x4 ry of deur middel van ’n kabelkar.

Verkondigers in die Swaneti-streek

Elke jaar sedert 2009 het die takkantoor in Georgië ’n lys van ontoegekende gebiede aan al die gemeentes gestuur en verkondigers genooi om daar te gaan preek. Baie het al groot opofferings gemaak om dit te doen.

Ana en Temoeri Bliadze

Temoeri en Ana Bliadze het kort ná hulle troue uitgevind dat daar baie hulp nodig is in die bergagtige Adzjarië-streek. Hulle het pas grond gekoop om ’n huis te bou, maar nou het hulle die geleentheid gekry om meer in Jehovah se diens te doen.

Hulle het ’n week in die Adzjarië-streek deurgebring. Temoeri beskryf sy eerste indrukke: “Die plaaslike verkondigers moes baie ver loop om al die dorpies te bereik. Ons het ’n 4x4-voertuig gehad, en ek het dadelik besef dat dit dinge makliker sal maak.”

Ana voeg by: “Dit was baie moeilik om te trek, want ons was baie geheg aan ons gemeente en ons familie. Maar Jehovah het ons geseën.” Temoeri en Ana ondersteun al drie jaar lank ’n groep in Keda, ’n dorp in die Adzjarië-streek.

Pioniers neem die inisiatief

Tydelike spesiale pioniers het ’n groot rol daarin gespeel om die predikingswerk in afgeleë gebiede te doen. Baie pioniers het besluit om in die gebiede waarheen hulle gestuur is, aan te bly sodat hulle kon voortgaan met die Bybelstudies wat hulle begin het.

Twee pioniersusters, wat albei die naam Chatoena het, is na die pragtige dorpie Manglisi gestuur. Daar was nie Getuies nie, maar die twee susters het baie sukses in  die bediening geniet. Hulle het die eerste maand 9 Bybelstudies gehou, die volgende maand 12, die maand daarna 15 en toe 18! Hulle het besluit om in Manglisi te bly sodat hulle hulle Bybelstudente verder kon help.

Ons susters het aan interessante idees gedink om hulleself finansieel te onderhou. Baie mense wat Manglisi besoek, geniet ’n plaaslike lekkerny—’n konfyt wat van dennebolle gemaak is en wat goed is vir jou gesondheid. Die susters het eers groen dennebolle bymekaargemaak, konfyt daarvan gemaak en dit dan by die plaaslike mark verkoop. Maar toe gebeur daar iets wat vir hulle ’n onverwagte bron van inkomste bied.

Op ’n dag het ’n Bybelstudent vir hulle ’n hele paar kuikens gebring. Sy het verduidelik dat een van haar henne eiers uitgebroei het op ’n plek waarvan sy nie geweet  het nie. Die vrou wou die kuikens aan haar Bybelonderrigters gee. Een van die pioniersusters het geweet hoe om met hoenders te teel en die twee susters het toe besluit om ’n klein kuikenboerdery te begin.

Een van die susters sê: “Met die hulp van Jehovah, ons broers en ons Bybelstudente was dit vir ons moontlik om vyf jaar lank in Manglisi te bly.” Nou is daar ’n groep bedrywige broers en susters.

Chatoena Charebasjwili en Chatoena Tsoelaia in Manglisi

Pioniers leer nuwe tale

In onlangse jare het baie uitlanders Georgië ingestroom. Baie pioniers het besef dat dit hulle die geleentheid gee om vir mense van ander kulture te preek. Daarom het hulle tale soos Arabies, Azerbeidjans, Chinees, Engels, Persies en Turks geleer.

Hoewel baie pioniers by anderstalige groepe en gemeentes aangesluit het, het ander getrek na lande waar daar hulp nodig is. Giorgi en Gela was in hulle 20’s toe hulle na ’n buurland getrek het. Giorgi sê: “Ons wou ons beste vir Jehovah gee en om soontoe te trek, het ons die perfekte geleentheid gegee om dit te doen.”

Gela dink terug aan sy tyd daar en sê: “Om as ’n ouer man in hierdie gebied te dien, het my baie geleer. Dis ’n wonderlike gevoel wanneer Jehovah jou gebruik om sy ‘skapies’ te help.”—Joh. 21:17.

Giorgi voeg by: “Daar was uitdagings, maar ons het op ons diens gefokus en het nooit spyt gevoel nie. Ons het gevoel dat ons eenvoudig doen wat ons moet.”

’n Ander broer, ook met die naam Gela, het ’n paar jaar lank in Turkye gedien. Hy vertel: “Toe ek aan die begin gesukkel het om die plaaslike taal te leer, was dit  moeilik om my vreugde te behou. Toe ek uiteindelik met my broers en susters en die mense in die gebied kon kommunikeer, kon niks my geluk keer nie.”

Nino, wat al meer as tien jaar in Istanboel, Turkye, pionier, sê die volgende: “Ek het Jehovah se ondersteuning gevoel van die eerste dag wat ek daar aangekom het. Om in ’n ander land te pionier, gee jou die geleentheid om amper elke dag ‘Jaarboek-ondervindinge’ te hê.”