Spring na inhoud

Spring na sekondêre kieslys

Jehovah se Getuies

Afrikaans

Privaatheids- en koekiesbeleid

Privaatheids- en koekiesbeleid

Persoonlike inligting

Persoonlike inligting wat jy op hierdie webwerf voorsien, word deur Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc., of sy koöperatiewe organisasies gebruik uitsluitlik vir die doel wat aan die gebruiker verstrek word wanneer hy die inligting voorsien. Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. gee nie jou persoonlike inligting aan enigiemand anders nie tensy dit nodig is om die diens te lewer wat die gebruiker aangevra het en Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. dit ten volle openbaar gemaak het aan die gebruiker of as Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. oortuig is dat daar grondige rede is om die inligting openbaar te maak om aan enige toepaslike wet of regulasie te voldoen of om probleme in verband met bedrog, sekuriteit of tegniese kwessies te identifiseer en te voorkom. Geen persoonlike inligting wat voorsien word, sal onder enige omstandighede verkoop, uitgeruil of verhuur word nie.

E-posadres

Die e-posadres wat jy voorsien wanneer jy ’n rekening op hierdie webwerf skep, sal gebruik word om jou in verband met jou rekening te kontak. As jy byvoorbeeld jou gebruikersnaam of wagwoord vergeet en hulp vra om aan te meld, sal hulp voorsien word deur middel van ’n boodskap wat gestuur word na die e-posadres wat jy in jou gebruikersprofiel voorsien het.

Koekies

Koekies word gebruik om voorkeure te onthou wat deur die gebruiker gekies word wanneer hy die webwerf gebruik. Byvoorbeeld, die voorkeurtaal waarin die webwerf vertoon moet word, word in ’n koekie geberg sodat hierdie taal gekies word wanneer die gebruiker na die webwerf terugkeer. Geen persoonlike inligting word deur koekies ingesamel of daarin geberg nie.

Aktiewe skripskryf (“active scripting”) of JavaScript

Skripskryf word gebruik om die werking van die webwerf te verbeter. Skripskryf stel die webwerf in staat om inligting vinniger aan die gebruiker te lewer. Skripskryf word nooit gebruik om sagteware op die gebruiker se rekenaar te installeer of om ongemagtigde inligting van die gebruiker in te samel nie.

Aktiewe skripskryf of JavaScript moet in die webblaaier geaktiveer word sodat party dele van die webwerf behoorlik kan funksioneer. In die meeste webblaaiers kan hierdie funksie vir spesifieke webwerwe geaktiveer of gedeaktiveer word. Raadpleeg die webblaaier se hulpdokumentasie om uit te vind hoe om skripskryf vir spesifieke webwerwe te aktiveer.

As dit ooit nodig word om ons privaatheidsbeleid te wysig, sal ons die veranderinge op hierdie blad uiteensit sodat jy altyd bewus is van watter inligting ons insamel en hoe ons dit gebruik.