Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

WÊRELDNUUS

Ons amptelike webwerf trek ’n nuwe baadjie aan

Ons amptelike webwerf trek ’n nuwe baadjie aan

Gedurende die afgelope paar maande het ’n span van 40 Getuies van Jehovah in New York ten nouste met die Kuns- en Skryfafdeling saamgewerk om www.jw.org aantrekliker te maak en om dit makliker te maak om die webwerf op ’n rekenaar of ’n draagbare toestel te gebruik. Hulle het ook die webwerf opgeknap, met twee oogmerke in gedagte.

1. Om ons webwerwe saam te smelt. Drie webwerwe wat deur die Getuies behartig word, sal saamgesmelt word tot net een amptelike webwerf—www.jw.org. Die ander twee, www.watchtower.org en www.jw-media.org, sal afgeskaf word. Danksy die samesmelting van die webwerwe sal diegene wat inligting by of oor die Getuies soek, net op een webwerf hoef te soek. Byvoorbeeld, ’n mens kan Bybels en verwante publikasies in baie tale lees, daarna luister of bladsye daarvan druk.

2. Om inligting by te voeg. Die opgeknapte webwerf bevat bondige antwoorde op Bybelvrae en verstrek inligting oor die predikingswerk, takkantore, Koninkryksale en streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies. ’n “Nuus”-deel lewer berig oor aangeleenthede wat die Getuies regoor die aarde raak. Daar is ook interaktiewe dele vir gesinne, tieners en kinders.

Op ’n tipiese dag lees honderdduisende mense die Getuies se publikasies aanlyn in 430 tale. Hulle laai byna ’n halfmiljoen oudio-, EPUB-, PDF- of gebaretaalvideolêers af. Honderd mense versoek elke dag dat iemand die Bybel met hulle studeer.