Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

7 DESEMBER 2015
VERENIGDE STATE

Getuies begin om eiendom in Brooklyn van die hand te sit

Getuies begin om eiendom in Brooklyn van die hand te sit

NEW YORK—Jehovah se Getuies is besig om van die gesogste eiendom in Dumbo en Brooklyn Heights in Brooklyn, New York, te verkoop. Daar is begin om die aanbiedinge te oorweeg vir die eiendom by Jaystraat 85, een van Brooklyn se grootste onontwikkelde erwe, en vir die woongebou met tien verdiepings by Columbia Heights 124. Die eiendom by Columbia Heights 25-30, waar die wêreldhoofkwartier tans is, is ook te koop. Die drie eiendomme word deur die Watchtower Real Estate Office aangebied en sal na verwagting in afsonderlike transaksies verkoop word.

Richard Devine, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies, sê aangaande die erf van 12 542 vierkante meter by Jaystraat 85: “Die erf beslaan ’n hele stadsblok in die kleurvolle Dumbo-buurt en het ontwikkelingsregte van bykans ’n miljoen vierkante voet (bykans 93 000 vierkante meter).”

Die eiendom by Jaystraat 85 is geleë aan die voet van die Manhattan-brug in die kleurryke Dumbo-buurt.

Die Getuies se woonstelblok van 14 121 vierkante meter by Columbia Heights 124 is langs die promenade in die beroemde Brooklyn Heights Geskiedkundige Distrik geleë. “Dit is ’n pragtige gebou met ’n asemrowende uitsig oor die Brooklyn-brug, die Vryheidstandbeeld en die indrukwekkende geboue van Lower Manhattan”, sê mnr. Devine.

Columbia Heights 124 is in die geskiedkundige Brooklyn Heights-buurt.

Die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies is al dekades lank by Columbia Heights 25-30 (sien foto heel bo), en baie New Yorkers ken die gebou aan die “Watchtower”-teken en die horlosie bo-aan. Die eiendom is altesaam meer as 68 098 vierkante meter groot, beslaan bykans twee stadsblokke en bied ’n onbelemmerde uitsig van die Brooklyn-brug.

Mnr. Devine sê aangaande die omvang van die Getuies se planne: “Ons verkoop hierdie geboue as deel van ons plan om ons wêreldhoofkwartier na Warwick, New York, te verskuif.”

Vir verdere besonderhede oor die eiendomme, besoek asseblief die webwerf www.watchtowerbrooklynrealestate.com. Tree in verbinding met die Office of Public Information vir foto’s en verdere besonderhede.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000