Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

31 JANUARIE 2017
THAILAND

Amptenare in Thailand gebruik publikasies van Jehovah se Getuies vir gemeenskapsontwikkeling

Amptenare in Thailand gebruik publikasies van Jehovah se Getuies vir gemeenskapsontwikkeling

BANGKOK—Regeringsamptenare in Thailand gebruik publikasies van Jehovah se Getuies as deel van ’n nasionale opvoedkundige program. Die doel van die program is om staatsamptenare te leer oor onderwerpe soos hoe om beter ouers te wees, hoe om gesinsgeweld te voorkom en hoe om fisiese en geestesgesondheid te verbeter. Amptenare in Thailand gebruik nou al drie jaar lank die Getuies se publikasies om probleme in hulle gemeenskappe te oorkom.

Die regering in Thailand organiseer nasionale opvoedkundige programme, en dit word regdeur die land by 8 700 gemeenskapsentrums vir opvoeding aangebied. Die regering het ook 11 Sentrums vir Gemeenskapsontwikkeling en -opvoeding (CDLC) beskikbaar gestel. Hierdie sentrums fokus veral op die opleiding van gemeenskapsleiers. Chaiwat Saengsri (in die middel op die hooffoto), die direkteur van die CDLC in die Nakhon Nayok-provinsie, noordoos van Bangkok, sê: “Ek is beïndruk deur die Getuies, want dit is baie duidelik dat die doel van hulle werk is om gemeenskappe en mense te help om meer van die Skepper te leer. Ons het dieselfde doel. Ons wil ons gemeenskap help om volgens ’n beter standaard te lewe sodat hulle vrede en ’n beter lewe kan hê.” Hy sê ook: “Byvoorbeeld, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Menseveiligheid gebruik die artikel in die Ontwaak! ‘Hoe om kwetsende spraak te vermy’ om gemeenskapsleiers op te lei. Ons het gevind dat dit ’n baie doeltreffende artikel is.” Daarom het mnr. Chaiwat die Getuies genooi om hulle publikasies beskikbaar te maak aan diegene wat die SMART Leader-seminaar bygewoon het. By hierdie seminaar het 100 gemeenskapsleiers en 20 instrukteurs van 28 verskillende provinsies bymekaargekom om opleiding in leierskap en gemeenskapsontwikkeling te ontvang. Die Getuies staan weerskante van mnr. Chaiwat op die hooffoto.

Anthony Petratyotin, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Thailand, sê: “Ons is bly om te hoor dat gemeenskapsleiers die raad in ons Bybelpublikasies goed kan gebruik. Ons sal aanhou om ons publikasies vir amptenare beskikbaar te stel. Die hoofmanier waarop ons die gemeenskap bereik is natuurlik deur ons openbare bediening.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Thailand: Anthony Petratyotin, +66-2-375-2200