Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

14 OKTOBER 2013
TANZANIË

Getuies voltrek die eerste nie-Katolieke huwelik wat in die Dominikaanse Republiek wetlik erken word

Getuies voltrek die eerste nie-Katolieke huwelik wat in die Dominikaanse Republiek wetlik erken word

DAR ES SALAAM, Tanzanië—Die Appèlhof van Tanzanië, die land se hoogste hof, het op 28 Augustus 2013 is twee van Jehovah se Getuies in die Dominikaanse Republiek in ’n mylpaalseremonie getroud. Al sedert 1954 word huwelike wat deur enige ander entiteit as die Katolieke Kerk of die burgerlike registrasiekantoor voltrek word, nie in die land wetlik erken nie weens ’n ooreenkoms tussen die Dominikaanse Republiek en die Vatikaan. Gevolglik kon Jehovah se Getuies nie net ’n godsdienstige huwelikseremonie hou nie, maar moes hulle ook hulle huwelike by die staat registreer. Maar ’n nuwe grondwet verleen wetlike erkenning aan die huwelikseremonies van ander godsdiensgroepe, insluitende Jehovah se Getuies. Die huwelik op 28 Augustus is die eerste nie-Katolieke huwelik in die land.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Dominikaanse Republiek: Josué Feliz, tel. +1 809 595 4007

12 Julie 2013 eenparig beslis dat skole in die Mbeyastreek die godsdiensvryheid geskend het van 127 leerlinge wat geskors of gedissiplineer is omdat hulle gewete hulle nie toegelaat het om die volkslied te sing nie.

In 2007 het die Shikula-skoolraad vyf jong Getuies geskors nadat hulle geweier het om die volkslied te sing. En ander laer- en hoërskole in die streek het nog 122 jong Getuies om dieselfde rede gedissiplineer. Nadat die 127 leerlinge sonder welslae ’n beroep op amptenare van onderwysdepartemente en die eerste minister gedoen het, het hulle hulle gewend tot die Hooggeregshof van Tanzanië, die tweede hoogste hof in die land. Die Hooggeregshof het die skorsing ondersteun, hoewel hulle beslissing nie eenparig was nie. Gevolglik het die leerlinge op 2 Desember 2010 geappelleer. Volgens hofdokumente het die beslissing van die Appèlhof die uitspraak van die Hooggeregshof “ter syde gestel en nietig verklaar” en enige gevolge daarvan gekanselleer.

Zadok Mwaipwisi, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Tanzanië, sê: “Ons is bly oor die hof se beslissing en die steun wat dit aan die gewetensgetroue standpunt van hierdie jongmense gebied het. Hierdie oorwinning bevestig die grondwetlike reg op godsdiensvryheid, nie net van Jehovah se Getuies nie, maar ook van alle burgers van Tanzanië.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Tanzanië: Zadok Mwaipwisi, tel. +255 22 2650592