Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

28 OKTOBER 2014
MEXIKO

Jehovah se Getuies in Mexiko help slagoffers van die orkaan Odile

Jehovah se Getuies in Mexiko help slagoffers van die orkaan Odile

Ná die orkaan Odile, wat die kus van Baja California Sur op Maandag 15 September 2014 getref het, het Jehovah se Getuies van die omliggende gebied kos, water en medisyne voorsien aan hulle mede-aanbidders wat deur die storm geraak is. Geen Getuies is oorlede of beseer gedurende die sterkste storm wat die skiereiland sedert 1967 getref het nie. Maar die storm het 82 van die Getuies se huise vernietig en 85 ander erg beskadig, wat 125 gesinne dakloos gelaat het. Mede-aanbidders het hulle in hulle huise ingeneem. Vier dae voor die orkaan het noodlenigingskomitees bestaande uit Getuievrywilligers briewe aan gemeentes in die gebied gestuur wat voorsorgmaatreëls uiteengesit het. Getuie- ouer manne het ook gereël dat gemeentelede wat in onveilige geboue bly, na die huise van ander Getuies gaan. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko het meer as 20 ton noodlenigingsvoorraad na die rampgebied gestuur.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048