Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

26 JUNIE 2017
GUATEMALA

Groot aardbewing tref Guatemala naby die grens van Mexiko

Groot aardbewing tref Guatemala naby die grens van Mexiko

Op Woensdag 14 Junie 2017 is die westelike deel van Guatemala, naby die grens van Mexiko, deur ’n groot aardbewing getref. Jehovah se Getuies is besig om slagoffers van die aardbewing by te staan. Volgens die jongste berigte is vyf mense in die aardbewing van 6,9 dood, en daar was ook ’n hele paar grondstortings.

Geen Getuies van Jehovah wat in die rampgebied woon, is beseer of het gesterf nie. Maar 11 plekke van aanbidding en 17 huise is beskadig. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Sentraal-Amerika, in Mexikostad, het drie noodlenigings-komitees in Guatemala georganiseer. Hulle moes vasstel hoeveel skade daar is en seker maak dat noodlenigings-voorrade vinnig by die slagoffers uitkom.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer noodlenigings-pogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, +52-555-133-3048

Guatemala: Juan Carlos Rodas, +502-5967-6015