Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Nuus vir joernaliste

SUID-KOREA

’n Gewetensbeswaarde word al hoe meer optimisties terwyl verhoor in Hooggeregshof nader

Op 30 Augustus 2018 sal die Hooggeregshof in Suid-Korea ’n verhoor hou om die konstitusionele hof se beslissing te oorweeg om vir gewetensbeswaardes te voorsien.

RUSLAND

Rusland vat takkantoor se eiendom af

Net voor die appèlverhoor in die stadshof van Sint Petersburg praat ’n joernalis, ’n godsdienskenner en twee Getuie-prokureurs oor Rusland se onregverdige optrede deur eiendom af te vat wat deur ’n buitelandse organisasie besit is.

ITALIË

Onderhoud met Luca P. Weltert, M.D.

“Al hoe meer mense regoor die wêreld wil, soos Getuies, nie meer bloedoortappings hê nie. Dokters gee nou minder bloedoortappings omdat daar al hoe meer bewyse is dat daar beter resultate is sonder bloedoortappings.”

ITALIË

Onderhoud met professor Massimo P. Franchi, M.D.

“As ’n dokter wil ek graag vir Jehovah se Getuies dankie sê. Ek is gewoond aan mediese metodes wat algemeen gebruik word, maar hulle het my gehelp om die moontlikheid en belangrikheid daarvan te oorweeg om die gebruik van bloed te verminder.”

ITALIË

Onderhoud met professor Antonio D. Pinna, M.D.

“Ek dink nie ons kan ’n onderskeiding maak op grond van godsdiens nie. Daar is selfs pasiënte wat nie Getuies is nie, wat bloedoortappings weier.”

ITALIË

Universiteit van Padua hou ’n belangrike konferensie om vordering in bloedlose mediese sorg te bespreek

Oor die algemeen word bloedoortappings as iets goeds beskou, en dit word gesien as die enigste lewensreddende mediese behandeling vir pasiënte wat ingewikkelde mediese of chirurgiese prosedures ondergaan. Hierdie idee is deur baie van die sprekers by die konferensie bevraagteken.

RUSLAND

Russiese owerheid probeer om eiendom wat deur Jehovah se Getuies se Amerikaanse Korporasie besit word, af te vat

Appèlsaak teen die beslissing om Jehovah se Getuies se voormalige nasionale kantoor in Rusland af te vat, begin binnekort in die Stadshof in Sint Petersburg.

WÊRELDNUUS

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 2018 begin in Mei

Voor die byeenkoms sal Getuies regoor die wêreld aan ’n wêreldwye kampanje deelneem om mense te nooi om die program, wat gratis is, by te woon.

ISRAEL

Uitstalling in Tel Aviv wys wat Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-era deurgemaak het

’n Openbare uitstalling in Hatachana maak mense bewus van die vervolging wat Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-era deurgemaak het.

BOLIVIA

Jehovah se Getuies kry erkenning vir uitstalling van plaaslike kulture by byeenkoms in Bolivia

Die Getuies het toekennings gekry omdat hulle groot verbeterings aan fasiliteite gemaak het en ’n uitstalling opgerig het oor Bolivia se verskillende kulture.

FINLAND

Jehovah se Getuies sit hulle predikingswerk voort in Turku, Finland

Kort na die terreuraanvalle in Turku, het stadsbeamptes die Getuies by die markplein terugverwelkom om met hulle openbare getuieniswerk voort te gaan.