Broer Joseph F. Rutherford praat op 10 September 1922 by die geskiedkundige byeenkoms in Cedar Point, Ohio, VSA. Kleiner foto: Daar is ’n kamera om gedeeltes van die program op film op te neem

11 APRIL 2022
VERENIGDE STATE

Uit ons museum

Op soek na ’n film van die byeenkoms in Cedar Point

Op soek na ’n film van die byeenkoms in Cedar Point

’n Advertensie in ’n koerant wat films van die byeenkoms in Cedar Point adverteer

Die byeenkoms in 1922 in Cedar Point, Ohio, VSA, is ’n belangrike gebeurtenis vir Jehovah se Getuies omdat broer Joseph F. Rutherford by daardie byeenkoms almal aangemoedig het om oor die Koninkryk te preek.

Maar daar is nog ’n rede hoekom die byeenkoms belangrik is: Dit was op film opgeneem. Maar tot nou toe is geen kopieë van hierdie film gevind nie.

’n Foto van die internasionale byeenkoms in September 1922 wys ’n klein verhoog met ’n kamera daarop wat gereed is om hierdie belangrike geleentheid op te neem. Die tegnologie om films te maak, was toe nog baie nuut.

Dit lyk asof die byeenkomsfilm aan die publiek beskikbaar gemaak was. Byvoorbeeld, die film is in ’n koerant geadverteer. Die advertensie het lesers uitgenooi om “die byeenkoms by die huis te kyk. Sien jou vriende, kyk na die dooptoespraak”. Dit het ook ’n wenk vir die bediening gegee: “Bring jou bure en getuig vir hulle met die byeenkomsfilm. Bestel nou.”

As jy van ’n kopie van hierdie film weet, kontak asseblief die Museumafdeling by MuseumDonations@jw.org of skryf aan die Wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies by 1 Kings Drive, Tuxedo Park, NY 10987. Ons hoop om hierdie unieke stukkie van ons teokratiese geskiedenis te vind.