Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

28 JANUARIE 2016
AZERBEIDJAN

Irina Zakhartjenko en Walida Jabrajilowa eindelik vrygelaat na onregverdige opsluiting

Irina Zakhartjenko en Walida Jabrajilowa eindelik vrygelaat na onregverdige opsluiting

Irina Zakhartjenko en Walida Jabrajilowa is op 28 Januarie 2016 vrygelaat nadat hulle 11 maande lank in die tronk was. Regter Akram Gahramanof het hulle skuldig bevind en hulle swaar boetes opgelê (7 000 manat, of 3 932 euro) bloot omdat hulle een godsdiensbrosjure versprei het. Hy het toe die boetes kwytgeskeld omdat die vroue al sedert 17 Februarie 2015 in die tronk is. Die besluit het die VN se uitspraak heeltemal geminag waarin Azerbeidjan beveel is om die vroue vir hulle onregverdige opsluiting te vergoed.

Hoewel me. Zakhartjenko en me. Jabrajilowa se gesondheid baie swak is, is hulle verlig dat hulle vrygelaat is. Hulle herstel nou by die huis en is verenig met hulle gesinne.