Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

14 JULIE 2015
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan verleng onregverdige aanhouding met nog twee maande

Azerbeidjan verleng onregverdige aanhouding met nog twee maande

Op 4 Julie 2015 het die Sabail-distrikshof beslis dat twee van Jehovah se Getuies nog twee maande in die tronk moet bly terwyl hulle vir hulle verhoor wag. Dit beteken dat Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa eers op 17 September 2015 vrygelaat sal word. Ondersoekbeamptes beweer dat hierdie vroue aangehou moet word terwyl hulle vir die hofsaak voorberei.

Die Departement van Nasionale Sekuriteit (MNS) het die vroue op 17 Februarie 2015 ten onregte opgesluit omdat hulle met hulle bure oor die Bybel gepraat het. Intussen gaan die MNS voort om individuele Getuies in verband met hierdie saak te ondervra, soms herhaaldelik.