Spring na inhoud

Regsverwikkelinge en menseregte

Nog Getuies opgesluit nadat hulle huise met geweld in Rusland deursoek is

Die Russiese regering het hulle kampanje van vrees verder gevat en nog Jehovah se Getuies gearresteer en in die tronk gesit omdat hulle hulle geloof beoefen.

Nog Getuies opgesluit nadat hulle huise met geweld in Rusland deursoek is

Die Russiese regering het hulle kampanje van vrees verder gevat en nog Jehovah se Getuies gearresteer en in die tronk gesit omdat hulle hulle geloof beoefen.

Jehovah se Getuies in die tronk weens hulle geloof​ — Volgens land

Plekke waar Jehovah se Getuies in die tronk gesit word, soms onder uiterste toestande, omdat hulle hulle godsdiens en basiese menseregte beoefen.

RUSLAND

Nog een van Jehovah se Getuies word in Rusland verhoor op aanklagte van ekstremistiese bedrywighede

Arkadja Akopjan, ’n 70-jarige afgetrede kleremaker en een van Jehovah se Getuies, is ’n onskuldige, wetsgehoorsame burger wat net God in vrede wil aanbid.

RUSLAND

Eerste getuienis in die verhoor van Dennis Christensen word in Oriol-hof gegee

Dennis Christensen is vanaf Mei 2017 in aanhouding. Hy kan ses tot tien jaar tronkstraf kry omdat hy sy geloof beoefen.

RUSLAND

Kampanje van vrees begin vir Jehovah se Getuies in Rusland

Nou dat die regering dit reggekry het om Jehovah se Getuies se regsentiteite te likwideer, fokus hulle op die Getuies en hulle aanbidding.

ERITREA

Twee bejaarde Getuies sterf in ’n tronk in Eritrea

Habtemichael Tesfamariam en Habtemichael Mekonen het vroeg in 2018 in die Mai Serwa-tronk gesterf. Albei mans is onregverdig vir hulle geloof in die tronk gesit en het amper tien jaar lank swaargekry as gevolg van slegte toestande in die tronk.

KAZAKSTAN

Teymur Akhmedov deur die president vrygespreek

Kazakstan se president Nursultan Nazarbayev spreek Teymur Akhmedov vry, wat meer as ’n jaar lank in die tronk was omdat hy met ander oor sy geloofsoortuigings gepraat het. Sy kriminele rekord is verwyder.

TURKMENISTAN

Turkmenistan ignoreer die reg op vryheid van gewete

Twee Getuies is tot een jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle geweier het om militêre diens te doen. Die regering erken nog steeds nie die basiese reg op gewetensbeswaar en bied nie ’n alternatief op militêre diens nie.