Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

24 JANUARIE 2018
WÊRELDNUUS

Kenneth Cook aangestel as ’n lid van die Bestuursliggaam

Kenneth Cook aangestel as ’n lid van die Bestuursliggaam

Op Woensdagoggend, 24 Januarie 2018, is daar by die Bethelgesinne in die Verenigde State en Kanada aangekondig dat Kenneth Cook aangestel is as ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies. Broer Cook was ’n helper van die Skryfkomitee.

Broer Cook het op 1 September 1982 begin pionier en op 12 Oktober 1984 het hy by die takkantoor in die Verenigde State begin dien. Die Bestuursliggaam bestaan nou uit agt gesalfde broers.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om die Bestuursliggaam te seën terwyl hulle toesig hou oor die bedrywighede van Jehovah se Getuies wêreldwyd. — 1 Tessalonisense 5:12, 13.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000