Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Die plek waar die aanval gebeur het, ’n munisipale gebou in Virginia Beach

4 JUNIE 2019
VERENIGDE STATE

Baie mense geskiet in Virginia Beach, Verenigde State

Baie mense geskiet in Virginia Beach, Verenigde State

Op 31 Mei 2019 het ’n gewapende man op werkers by die munisipaliteit geskiet in Virginia Beach, Virginië, Verenigde State. Twaalf mense is dood en vier is beseer.

Die takkantoor in die Verenigde State het laat weet dat een van ons susters, LaQuita Brown, ongelukkig in hierdie aanval doodgeskiet is. Suster Brown was 39 jaar oud en ’n gewone pionier in die Seaview French-gemeente in Norfolk, Virginië. Sy was ook ’n konstruksievrywilliger by die LDC. Die plaaslike ouermanne en die kringopsiener moedig suster Brown se vriende en familie geestelik aan en gee vir hulle emosionele ondersteuning.

Ons is baie hartseer oor die dood van ons suster. Ons sien uit na die tyd wanneer slegte dinge soos dit nie meer sal gebeur nie en daar ’n “oorvloed van vrede” op die aarde sal wees. – Psalm 37:10, 11.