Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

28 JUNIE 2018
SUID-KOREA

Geskiedkundige beslissing deur konstitusionele hof in Korea: Gebrek aan alternatiewe diens ongrondwetlik

Geskiedkundige beslissing deur konstitusionele hof in Korea: Gebrek aan alternatiewe diens ongrondwetlik

Op 28 Junie 2018 het die konstitusionele hof vir die eerste keer in Suid-Korea se geskiedenis beslis dat ’n deel van Korea se Militêre Dienspligwet (MSA) ongrondwetlik is omdat dit nie die opsie van alternatiewe burgerlike diens vir gewetensbeswaardes gee nie. Hierdie belangrike beslissing sal help om ’n beleid te verander wat nou al 65 jaar lank gevolg word en wat veroorsaak dat gewetensbeswaardes onder die MSA in die tronk gesit word.

Sedert 1953 is meer as 19 300 van ons broers tot altesaam meer as 36 700 jaar tronkstraf gevonnis. Die konstitusionele hof se beslissing maak dit nou moontlik dat die hooggeregshof van Korea hierdie beslissing kan toepas op spesifieke sake wat te doen het met gewetensbeswaardes. Koreaanse wetgewers is nou ook verplig om alternatiewe burgerlike diens teen 31 Desember 2019 in te stel vir gewetensbeswaardes.

Ons is baie bly saam met ons broers in Korea dat iets nou gedoen is om ’n einde te maak aan jare se ongeregtigheid. — Spreuke 15:30.