Spring na inhoud

16 SEPTEMBER 2019
SUID-AFRIKA

Johannesburg, Suid-Afrika – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Johannesburg, Suid-Afrika – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 6-8 September 2019

  • Plek: FNB-stadion in Johannesburg, Suid-Afrika

  • Programtale: Engels, Suid-Sotho, Zulu

  • Bywoningshoogtepunt: 58 149

  • Aantal gedoop: 476

  • Aantal internasionale besoekers: 6 000

  • Genooide takkantore: Bolivia, Brittanje, Finland, Hongarye, Hongkong, Israel, Japan, Kenia, Kongo (Kinshasa), Korea, Liberië, Madagaskar, Malawi, Paraguay, Peru, Sentraal-Europa, Uganda, Verenigde State, Zambië, Zimbabwe

  • Plaaslike ondervinding: Die bestuur van die Leeu en Safari-park verduidelik dat hulle nog nooit so baie mense van verskillende kulture en tale gesien het wat by ’n bus afklim sonder om te stry of kla nie. Die park was een van die beplande uitstappies vir die besoekers. Die bestuur was baie beïndruk met hoe die broers en susters instruksies gevolg het en hulle samewerking gegee het. Hulle sê: “Dit was ’n plesier om hulle by ons te hê!”

 

’n Groep plaaslike broers en susters verwelkom internasionale besoekers na Suid-Afrika by die lughawe

Vier susters, twee plaaslike en twee besoekende susters, gee uitnodigings uit na die byeenkoms terwyl hulle in die bediening is

’n Foto van mense wat die byeenkoms bywoon in hulle tradisionele kleredrag

Broers en susters glimlag en klap hande tydens die byeenkoms

Een van die 476 broers en susters wat gedoop word

Broer Anthony Morris, ’n lid van die Bestuursliggaam, groet broers en susters gedurende een van die pouses

Op die laaste dag van die byeenkoms word besoekende spesiale voltydse dienaars aan die gehoor bekend gestel

’n Foto van drie susters aan die einde van die byeenkomsprogram

’n Koor in kleurvolle Afrika-kleredrag sing vir die gehoor gedurende ’n spesiale aand