Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

19 OKTOBER 2018
RUSLAND

Jehovah se Getuies in Rusland valslik daarvan beskuldig dat hulle gevaarlike “wapens” vir “ekstremistiese” bedrywigheid besit

Jehovah se Getuies in Rusland valslik daarvan beskuldig dat hulle gevaarlike “wapens” vir “ekstremistiese” bedrywigheid besit

Verskeie internasionale nuusorganisasies het berig dat die owerheid blykbaar gedurende ’n onlangse ondersoek in die Kirof-streek van Rusland “wapens” ontdek het wat hulle sê aan Jehovah se Getuies behoort. Maar die “wapens” wat die owerheid gekry het, was in die huis van iemand wat nie een van Jehovah se Getuies is nie. Die “wapens” is drie geroeste items uit die Tweede Wêreldoorlog wat nie meer werk nie — twee handgranate en een landmyn. Die persoon se vrou, wat een van Jehovah se Getuies is, het blykbaar nie eers geweet dat haar man hierdie items besit nie.

Die eienaar van die voorwerpe was ’n hoof van een Rusland se bekende “Poisk-” of “Soek-” afdeling wat gesoek het na die oorblyfsels van soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog doodgemaak is om hulle ’n ordentlike begrafnis te gee. In hierdie soort werk het hulle dikwels voorwerpe van die oorlog gekry, insluitende stukkende wapens.

Die Russiese regering hou aan om leuens op te maak om ons reputasie as vredeliewende mense te beskadig. Dit laat ons dink aan Jesus se woorde, wat voorspel het dat teenstanders “allerhande goddelose dinge teen” sy dissipels sou sê. — Matteus 5:11.