Spring na inhoud

Broer Andrei Stoepnikof (in die middel), saam met vriende nadat die hof beslis het dat hy nie meer onder huisarres hoef te wees nie

5 JULIE 2019
RUSLAND

Broer Stoepnikof nie meer onder huisarres nie

Broer Stoepnikof nie meer onder huisarres nie

Op 2 Julie 2019 het ’n hof in Krasnojarsk, Rusland, beslis dat broer Andrei Stoepnikof nie meer onder huisarres hoef te wees nie. Al is hy nie meer onder huisarres nie, is sy kriminele saak nog steeds aan die gang.

Broer Andrei Stoepnikof

Op die oggend van 3 Julie 2018 het die Stoepnikof-gesin opgedaag vir ’n vlug by die Krasnojarsk-Internasionale Lughawe in Jemeljanowo, Rusland. Twee agente van die Federale Veiligheidsdiens het broer Stoepnikof gearresteer. Hy was toe agt maande lank in aanhouding terwyl hy gewag het vir sy verhoor. Maar teen die einde van Februarie 2019 is hy onder huisarres gesit.

Volgens broer Stoepnikof het hy baie oor homself en sy verhouding met Jehovah oor die afgelope jaar geleer. Hy sê: “[Ek en Olga] is al jare lank Getuies, maar ons was nooit so na aan Jehovah soos nou nie! Op die moeilikste tye het ek die heeltyd gevoel dat ons Vader ons vertroos en help. Dit verbaas my dat hy so na aan my is en hoe vinnig hy my gebede beantwoord het!”

Broer Stoepnikof sê verder: “Meer as ooit tevore is ek oortuig dat my Vader bewus is van my gevoelens en dit verstaan. Hierdie persoonlike ondervinding help my om meer op hom te vertrou en om nie te bekommerd te wees oor vervolging nie. Dit maak my banger om my hegte verhouding met Jehovah te verloor. Ek is oortuig dat met hom aan my kant kan ek enigiets oorkom.”

Op 1 Julie het die lys van kriminele sake teen ons broers en susters in Rusland tot 217 vermeerder. In ’n paar gevalle het die Russiese regering die beperkings op party van ons broers verminder. Maar ons vertrou nie op mensehowe of beamptes nie. Ons hou aan om op Jehovah te vertrou. Ons bid dat Jehovah aanhou om al ons mede-aanbidders in Rusland te versterk en te beskerm. – Psalm 28:7.