Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Meer as 66 000 het die byeenkoms bygewoon en meer as 6 200 plaaslike vrywilligers het gehelp.

29 JANUARIE 2019
PERU

Peru hou laaste spesiale streekbyeenkoms vir 2018

Peru hou laaste spesiale streekbyeenkoms vir 2018

Jehovah se Getuies in Peru het 3 400 besoekers van 32 lande verwelkom by die laaste spesiale streekbyeenkoms vir 2018 met die tema “Wees moedig”! Dit is gehou van 23 tot 25 November. Die byeenkoms is by die Monumental-stadion in die hoofstad, Lima, gehou. Die bywoningshoogtepunt by die stadion en vier ander plekke wat deur middel van videoverbinding ingeskakel is, was altesaam 66 254. Daar is 719 broers en susters gedoop. Die program is gelyktydig in Engels, Peruaanse Gebaretaal, Quechua Ayacucho en Spaans aangebied.

’n Jong besoeker in die Monumental-stadion groet op die laaste dag van die byeenkoms.

Een van die hoogtepunte van die geleentheid was dat die besoekers en die plaaslike verkondigers saam aan die veldbediening kon deelneem. Besoekers by die byeenkoms het ook die plaaslike kos en kultuur geniet en het op ’n toer by die takfasiliteite in Peru gegaan.

Ezequiel Porras, ’n verteenwoordiger van die takkantoor in Peru, het gesê: “Die uitwerking van die spesiale byeenkoms in Peru was indrukwekkend. Ons broers en susters sal dit nooit vergeet nie, en dit was ook ’n uitstekende getuienis vir ons gemeenskap. Ons wil vir Jehovah dankie sê vir hierdie spesiale geleentheid om sy groot naam te eer.” – 1 Petrus 2:12.

 

’n Paar doopbaddens by die Monumental-stadion waar 483 gedoop is. Nog 236 is by die ander vier byeenkomsplekke gedoop.

Besoekers neem saam met plaaslike Getuies deel aan die veldbediening.

Broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die laaste toespraak elke dag gegee.

Plaaslike broers en susters het die besoekers hartlik verwelkom by die Jorge Chávez- Internasionale Lughawe in Lima.

Die toer by die takkantoor het ’n Bybeluitstalling ingesluit wat verduidelik hoe Jehovah seker gemaak het dat sy naam in die Bybel bly.

Die broers het gewys hoe om verskillende Peruaanse disse te maak tydens ’n groepaktiwiteit by die Byeenkomssaal. Hier word ’n seekosdis vir die besoekers voorberei.

Die tradisionele kuns om wol te spin, word gedemonstreer. Natuurlike kleurmiddels wat van plante gemaak word, word gebruik om die wol te kleur.

Besoekers wat die toer by die takkantoor bygewoon het, het ’n spesiale aand saam geniet wat ’n musikale opvoering ingesluit het met die geestelike tema “Reik uit”. Die opvoering het tradisionele musiek, instrumente en danse uit die drie hoofstreke van Peru ingesluit: die kuswoestyn, die Andesgebergte en die Peruaanse reënwoud.

’n Tradisionele dans van Trujillo word opgevoer gedurende die aand.

Gedurende die musikale optrede word ’n paar verskillende scenario’s van die predikingswerk uitgebeeld. Die kleihuise en die kleredrag wat hier uitgebeeld word, is eie aan Quechua-mense wat in die bergagtige platteland van Cuzco woon.

Al die mense wat betrokke was, groet aan die einde van die aand se optrede.