Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

23 AUGUSTUS 2018
INDONESIË

Aardbewings tref eiland in Indonesië

Aardbewings tref eiland in Indonesië

Aan die einde van Julie en die begin van Augustus het ’n reeks aardbewings en naskokke die eiland Lombok, Indonesië, getref. Ten minste 436 mense het gesterf en omtrent 350 000 moes hulle huise verlaat. ’n Sterk aardbewing van 7,0 het geboue laat ineenstort en honderdmiljoene dollars se skade aangerig.

Volgens ons takkantoor in Djakarta het geen broers seergekry of hulle lewe verloor nie, maar party verkondigers se huise is beskadig. Die gebou wat deur 40 verkondigers vir vergaderinge gebruik word, is ook beskadig. Dit is die enigste gemeente op die eiland. Twee verteenwoordigers van die takkantoor het na die gebied wat geraak is, gegaan om te sien watter hulp nodig is en om die mense daar te vertroos.

Ons hou aan om vir ons broers gedurende hierdie moeilike tyd te bid, en ons weet dat Jehovah ‘hulle in al hulle verdrukking kan vertroos’. — 2 Korintiërs 1:4.