Spring na inhoud

26 JULIE 2019
DENEMARKE

Kopenhagen, Denemarke – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Kopenhagen, Denemarke – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 19-21 Julie 2019

  • Plek: Brøndby-stadion en Brøndby-saal, Kopenhagen, Denemarke

  • Programtaal: Deens, Deense Gebaretaal, Engels, Noorse Gebaretaal, Sweedse Gebaretaal, Yslands

  • Bywoningshoogtepunt: 26 409

  • Aantal gedoop: 141

  • Aantal internasionale besoekers: 7 000

  • Genooide takkantore: Australasië, Brasilië, Colombia, Dominikaanse Republiek, Finland, Georgië, Indië, Japan, Pole, Sentraal-Amerika, Sentraal-Europa, Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: Christian Tidemand Andersen, ’n geleentheidsorganiseerder vir Brøndby-stadion, het gesê: “’n Jaar en ’n half gelede het ons begin om die internasionale byeenkoms vir Jehovah se Getuies te beplan. Van die eerste dag af was daar goeie kommunikasie tussen albei organisasies. Daar is groot uitdagings wanneer dit kom by so ’n groot byeenkoms, maar omdat ons mekaar respekteer en verstaan, was die beplanning op ’n baie praktiese en produktiewe manier gedoen. Dit is min dat ’n mens ’n organisasie kry wat so goed georganiseerd is en aan alles dink. Op die dae wat die byeenkoms gehou is, was ons baie beïndruk om al die vrywilligers te sien wat gehelp het en dag en nag gewerk het. Hulle was baie positief en het altyd ’n glimlag op hulle gesig gehad. Dit was wonderlik om deel te wees van hierdie geleentheid, en ons wil baie dankie sê vir die samewerking van julle Byeenkomskomitee en al die vrywilligers. Ons hoop om julle en julle besoekers weer een of ander tyd hier by Brøndby-stadion te sien.”

 

Betheliete met geel serpies waai en verwelkom die internasionale besoekers vir hulle toer by Bethel

Kinders en hulle ouers verwelkom internasionale besoekers vir ’n velddiensvergadering

Broers en susters by die Brøndby-stadion vir die byeenkoms

Internasionale besoekers staan reg vir foto’s in hulle tradisionele kleredrag

Susters wat Yslands praat, het trane in hulle oë omdat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands so pas vrygestel is

Broer Stephen Lett, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak by Vrydag se program

Doopkandidate luister na die toespraak op die veld voor die verhoog

Party van die 141 nuwe broers en susters wat gedoop word

Sendelinge en ander spesiale voltydse dienaars waai vir die broers en susters in die stadion

Broers in ’n toneelstuk wat die verhaal vertel van die teokratiese geskiedenis van Denemarke, Faroëreilande, Groenland en Ysland