Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

31 DESEMBER 2018
BRASILIË

Verwoestende brand in Manaus, Brasilië

Verwoestende brand in Manaus, Brasilië

In die vroeë oggendure van 18 Desember het ’n brand ten minste 600 huise in die stad Manaus, Brasilië, verwoes. Hoewel niemand in die brand gesterf het nie, is ten minste 4 mense beseer en meer as 2 000 moes hulle huise verlaat.

Volgens die takkantoor in Brasilië het geen broers of susters seergekry of gesterf in die brand nie. Maar 10 van ons broers se huise is vernietig wat veroorsaak het dat 18 verkondigers en hulle nie-Getuie familielede hulle huise moes verlaat. Onder leiding van die takkantoor help ’n noodlenigingskomitee die verkondigers wat deur die ramp getref is.

Ons is vol vertroue dat ons broers en susters wat deur hierdie brand in Brasilië geraak is, sal aanhou om op Jehovah te vertrou, ons “veilige hoogte in tye van benoudheid”. – Psalm 9:9, 10.