Spring na inhoud

Links: ’n Foto in die koerant van die tien-jarige Cecilia Alvarez ná haar 17de operasie; regs: Cecilia met haar ouers en jonger suster in Mei 2019

7 AUGUSTUS 2019
ARGENTINIË

Suster Cecilia Alvarez het in 25 jaar 43 bloedlose operasies gehad

Suster Cecilia Alvarez het in 25 jaar 43 bloedlose operasies gehad

Suster Cecilia Alvarez, van Argentinië, sukkel haar hele lewe lank al met gesondheidsprobleme. Haar eerste operasie was toe sy net 16 dae oud was. Toe sy gebore is, was daar iets fout met haar ruggraat en op 18 Mei 1994 het dokters in Argentinië aan haar ruggraat geopereer. Sedert daardie dag 25 jaar gelede, het Cecilia nog 42 operasies ondergaan. Die meeste van die operasies was gedoen toe sy ’n kind was. Die mees onlangse operasie was vroeër hierdie jaar gedoen om haar linkerheup reg te maak. Net soos al haar vorige operasies was hierdie een ook suksesvol gedoen sonder ’n bloedoortapping.

1999: Vyf-jarige Cecilia by Juan P. Garrahan-kinderhospitaal

Cecilia sê: “Dit was baie moeilik om my liggaam deur soveel operasies en behandelings te sit.” Maar sy probeer om positief te bly en op Jehovah te vertrou. Sy probeer ook hard om alles te doen wat die dokters voorstel en haar ouers ondersteun haar hierin. Sy sê: “Om my liggaam vir die operasies voor te berei was baie belangrik. Dit het ingesluit dat ek yster en foliensuur moes inneem. Ek moes ook eritropoiëtien-behandeling kry en ’n dieet wat ryk is aan yster volg. Al hierdie dinge het my liggaam gehelp om meer rooibloedselle te maak.”

Cecilia beskryf die mediese spanne wat haar oor die jare gehelp het en sê: “Ek waardeer hulle werk baie, nie net omdat hulle my lewe gered het nie, maar ook omdat hulle my besluit om bloedoortappings te weier, gerespekteer het.”

Dr. Ernesto Bersusky, afgetrede ruggraat-patoloog

Die dokters wat saam met Cecilia gewerk het, het gesê dat hulle haar en die broers wat haar gehelp het, ook respekteer. Dr. Ernesto Bersusky, voormalige hoof van ruggraat-patologie by Juan P. Garrahan-kinderhospitaal in Buenos Aires, was betrokke by ’n hele paar van Cecilia se groot ruggraat-operasies. Hy sê: “Elke keer wat ek saam met Cecilia gewerk het, het ek gesien hoe vasbeslote sy is en hoe duidelik sy haar geloofsoortuigings kan verduidelik. Ek het baie keer met haar gepraat en verduidelik wat ek gaan doen en haar gerus gestel dat daar geen bloedoortappings gegee sal word nie.”

Dr. Susana Ciruzzi, prokureur en bio-etikus

Dr. Susana Ciruzzi, ’n prokureur en ’n lid van die bio-etiese komitee by Juan P. Garrahan-kinderhospitaal, sê: “Daar is goeie samewerking tussen Jehovah se Getuies en die mediese gemeenskap. As dokters, werk ons saam met Jehovah se Getuies en het ons ingestem om die manier hoe ons dink en die tegnieke wat ons gebruik, te verander. Op hierdie manier kon ons alternatiewe metodes vir bloedoortappings ontwikkel.”

Cecilia is baie dankbaar teenoor haar opgeleide dokters en sy glo ook dat die ondersteuning van haar broers en susters haar baie gehelp het. Sy sê: “Ek waardeer die werk van die Hospitaalskakelkomitee (HLC) en die Pasiëntbesoekgroep baie. Die opofferings wat hulle maak en die feit dat hulle altyd beskikbaar is, al het hulle families en ander verantwoordelikhede, is vir my baie spesiaal.”

Hoewel Cecilia (nou 25 jaar oud) altyd in pyn is en in ’n rolstoel moet wees, is sy bekend vir haar positiewe gesindheid. Sy sê: “Ek glo dat hierdie traumatiese ondervindinge my gehelp het om ’n beter persoon te word en Christelike eienskappe te ontwikkel.”

Julie 2019: Cecilia besig met velddiens saam met ’n ander pionier

Cecilia sê verder: “Ná een van my operasies het ’n lid van die HLC my kom besoek en Spreuke 10:22 aangehaal: ‘Die seën van Jehovah—dit maak ryk, en hy voeg daar geen [permanente] pyn by nie.’ Hierdie vers sal altyd by my bly.”

Op 1 Mei 2019 het ons suster Cecilia ’n baie spesiale seëning ontvang toe sy as ’n gewone pionier aangestel is. Jehovah het beslis ons dierbare suster vertroos en versterk. Die gevolg is dat sy nou die vertroostende boodskap van God se Woord vir ander kan vertel.

Ons vertrou dat Jehovah sal aanhou om elkeen van ons deur ons verskillende probleme te vertroos net soos hy vir Cecilia gedoen het. – 2 Korintiërs 1:4.