Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

’n Tekening van die nuwe takkantoor wat ’n kantoorgebou en twee woongeboue sal insluit. Daar word beplan vir die Bethelgesin om in die tweede helfte van 2020 in te trek.

29 APRIL 2019
ARGENTINIË

Konstruksie begin by nuwe takkantoor in Argentinië

Konstruksie begin by nuwe takkantoor in Argentinië

In Augustus 2018 het die bouwerk van ’n nuwe takkantoor in Buenos Aires, Argentinië, begin. Dit sal ’n kantoorgebou met plek vir 136 werkers en twee woongeboue met 98 kamers insluit. In teenstelling met die huidige takkantoorkompleks wat geboue op verskeie persele insluit, sal die nuwe takkantoor op een perseel gebou word, wat die broers sal help om meer effektief te werk. Onder is ’n fotogalery wat wys hoe die bouwerk begin het.

Die grootte van die eiendom is 8 524 vierkante meter. Dit is net buite Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië, geleë.

 

Augustus 2018: Die span ontwerpers, wat uit tien broers en susters bestaan, het 18 maande lank aan die bouplanne gewerk.

September 2018: Omdat die tipe grond waarop die gebou sal staan, nie baie stabiel is nie, moet die fondasie versterk word. Hier word gate, wat 38 meter diep is, in die grond geboor vir 103 silindervormige pilare wat sal help om die fondasie van die gebou te versterk.

November 2018: ’n Hyskraan van 33 meter hoog word vir die projek gebruik.

November 2018: Almal wat op die projek werk, ook die broers wat die hyskraan bou, word die heeltyd herinner aan hoe belangrik veiligheid is.

Januarie 2019: Swaar masjinerie word gebruik om slote vir die hysbak-skagte te grawe.

Maart 2019: Die fondasie van een van die geboue word met staalstawe versterk voordat die beton gegooi word.