Spring na inhoud

JW-nuus

Lees nuus aanlyn oor Jehovah se Getuies. Hulpbronne is ook beskikbaar vir regsgeleerdes en die media.

RUSLAND

Onderhoud met broer Dmitri Michailof

Broer Michailof is op 29 Mei 2018 gearresteer. Hy was ’n paar maande in aanhouding. In ’n onderhoud vertel hy hoe Jehovah, saam met die ondersteuning van sy getroue vrou, hom gehelp het om te volhard. Hy het ook verduidelik hoe hy sy vrede en vreugde behou het omdat hy ander mense in die tronk van die waarheid in die Bybel vertel het.

RWANDA

Die Rwandese volksmoord – 25 Jaar later

Een van Jehovah se Getuies in Rwanda dink terug aan die trauma wat die volksmoord in 1994 veroorsaak het en verduidelik hoe selfopofferende liefde sy lewe gered het.