Spring na inhoud

Briewe van eienaars

Briewe van eienaars

Jehovah se Getuies het onlangs ’n ses jaar lange projek voltooi om die eiendom by Watchtower Farms in Wallkill, New York, uit te brei. Omdat die konstruksiewerk gedurende die afgelope twee jaar al hoe vinniger gevorder het, was meer kamers nodig om vrywilligers te huisves. Daarom is 25 huise in die omgewing gehuur.

Die huurders

Wat het die eienaars daarvan gedink om hulle eiendom aan Jehovah se Getuies te verhuur?

  • Een eienaar het geskryf: “Ons was baie gelukkig met ons huurders. Ek en my man woon reg langs [die eiendom wat ons verhuur] en [ons] het gevind dat ons huurders altyd vriendelik was en bereid was om saam te werk.

  • Nog ’n eienaar, wat ook naby haar huurhuis woon, het die volgende geskryf: “Ons ondervinding met hulle was altyd positief. [Ons] het ’n dammetjie in ons agterplaas waarin ’n mens kan swem. Ons het die seuns gereeld genooi om te kom swem, en hulle was altyd bedagsaam en respekvol. Ons het hulle geselskap geniet en gaan hulle mis.” Sy het ook bygevoeg: “Ons kon nie vir ’n beter ondervinding gevra het nie.”

  • ’n Ander verhuurder het gesê: “Dit was nie net lekker om hulle as huurders te hê nie, maar ook as bure.”

Die eiendomme

Wat het die eienaars gedink van die toestand waarin die huurders die eiendomme gelaat het?

  • “Die huur was altyd betyds betaal, die huis was goed opgepas en ons het dit in ’n baie goeie toestand teruggekry.”

  • Een van die eienaars wat vroeër aangehaal is, het gesê: “Dankie aan julle en aan die hele Wagtoring-organisasie omdat julle so mooi na ons huis gekyk het.” Hy het ook gesê dat hy nooit gedink het dat die Getuies die plek “so deeglik” sou skoonmaak nie.

  • Een vrou het verduidelik: “Omdat ek weet hoe eerlik julle organisasie is, het ons nie ’n deposito gevra nie. Al twee eiendomme is in ’n puik toestand aan ons teruggegee.”

  • Nadat die Getuies herstelwerk aan ’n eiendom gedoen het, het die eienaar gevra: “Wat moet ek doen om van julle mense te kry om vir my te kom werk? Wanneer julle belowe om werk op ’n spesifieke dag te doen, is julle altyd betyds. Ek kan nie my mense kry om hulle beloftes na te kom nie.”

Laaste indrukke

  • Voordat die huurkontrak van een huis verval het, het die eienaar die Getuies laat weet dat hy dit vir hulle “finansieel die moeite werd sal maak” as hulle die kontrak wil hernu deur vir hulle ’n groot afslag te gee.

  • ’n Ander eienaar het gesê: “Ons sal baie daarvan hou om weer aan die Wagtoring-organisasie te verhuur as ons weer ’n kans kry.”