Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Wat is ’n Bybelstudie?

Wat is ’n Bybelstudie?

Jehovah se Getuies bied ’n Bybelstudieprogram aan wat baie vrae beantwoord, onder andere:

  • Wie is God?

  • Gee God werklik vir my om?

  • Hoe kan ek my huwelik verbeter?

  • Hoe kan ek geluk in die lewe vind?

Hieronder is antwoorde op vrae wat dikwels oor ons Bybelstudieprogram gevra word.

Hoe word die studiekursus aangebied? Ons neem onderwerpe soos “God” of “die huwelik” en ondersoek verskillende Bybelverse wat met die onderwerp verband hou. Ons vergelyk hierdie verse om te sien wat die Bybel in sy geheel oor die onderwerp sê, en sodoende laat ons die Bybel homself verklaar.

Om ons te help om die Bybel te bestudeer, gebruik ons die boek Wat leer die Bybel werklik? Hierdie boek sit duidelik uiteen wat die Bybel werklik sê oor onderwerpe soos God, Jesus en ons toekoms.

Wat kos ’n Bybelstudie? Die studie is gratis, en die studiemateriaal word kosteloos beskikbaar gestel.

Hoe lank is die studiesessies? Baie mense sit elke week ’n uur of wat opsy om die Bybel saam met ons te studeer. Maar die lengte van die studie is aanpasbaar. Ons sal dit volgens jou rooster aanpas.

Wat gebeur wanneer ek ’n Bybelstudie aanvra? Wanneer jy ’n Bybelstudie aanvra, sal een van Jehovah se Getuies jou besoek op ’n tyd en plek wat jou pas. Hy of sy sal ’n paar minute neem om ons studieprogram te demonstreer. As jy daarvan hou, kan jy die studie voortsit.

Moet ek een van Jehovah se Getuies word as ek ’n Bybelstudie aanvaar? Nee. Jehovah se Getuies studeer graag die Bybel met mense, maar ons dwing nooit enigiemand om ’n lid van ons godsdiens te word nie. Ons leer mense op respekvolle wyse wat die Bybel sê, maar ons besef dat elkeen die reg het om te kies wat hy of sy sal glo.—1 Petrus 3:15.