Spring na inhoud

Glo Jehovah se Getuies aan die skeppingsleer?

Glo Jehovah se Getuies aan die skeppingsleer?

Nee. Jehovah se Getuies glo wel dat God alles geskep het. Maar ons stem nie saam met die skeppingsleer nie. Waarom nie? Omdat ’n aantal idees wat op die skeppingsleer gebaseer is, in werklikheid met die Bybel bots. Kyk na die volgende twee voorbeelde:

  1. Duur van die ses skeppingsdae. Party voorstanders van die skeppingsleer beweer dat die ses skeppingsdae letterlike dae van 24 uur was. Maar die woord “dag” in die Bybel kan na ’n lang tyd verwys.—Genesis 2:4; Psalm 90:4.

  2. Die aarde se ouderdom. Party voorstanders van die skeppingsleer sê dat die aarde net ’n paar duisend jaar oud is. Maar volgens die Bybel het die aarde en die heelal voor die ses skeppingsdae bestaan (Genesis 1:1). Daarom het Jehovah se Getuies geen beswaar teen geloofwaardige wetenskaplike navorsing wat aandui dat die aarde dalk miljarde jare oud is nie.

Hoewel Jehovah se Getuies aan die skepping glo, is ons nie gekant teen die wetenskap nie. Ons glo dat ware wetenskap en die Bybel versoenbaar is.