Spring na inhoud

Waarom het Jehovah se Getuies party van hulle oortuigings verander?

Waarom het Jehovah se Getuies party van hulle oortuigings verander?

Ons het nog altyd die Bybel gebruik as die enigste gesag vir ons oortuigings, en daarom het ons ons oortuigings aangepas wanneer ons Bybelwaarhede beter verstaan. *

Sulke veranderinge is in ooreenstemming met die Bybelbeginsel in Spreuke 4:18: “Die pad van die regverdiges is soos die helder lig wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is.” Net soos die son dele van ’n landskap geleidelik openbaar wanneer dit opkom, help God ons geleidelik om goddelike waarhede te verstaan, op sy bestemde tyd (1 Petrus 1:10-12). Soos die Bybel voorspel, het hy hierdie proses gedurende “die tyd van die einde” bespoedig.—Daniël 12:4.

Hierdie aanpassings in ons begrip moet ons nie verbaas of ontstel nie. Eertydse aanbidders van God het ook verkeerde idees en verwagtinge gehad en moes hulle beskouing aanpas.

God het later hulle verkeerde begrip reggestel, en ons bid dat hy sal aanhou om dieselfde in ons geval te doen.—Jakobus 1:5.

^ par. 2 Ons probeer nie hierdie aanpassings in ons begrip van die Bybel wegsteek nie. Trouens, dit word aangeteken, en ons publiseer dit. Byvoorbeeld, soek “Aanpassings in ons begrip” in die Wagtoring—AANLYN BIBLIOTEEK.