Spring na inhoud

Forseer Jehovah se Getuies hulle kinders om ook Jehovah se Getuies te word?

Forseer Jehovah se Getuies hulle kinders om ook Jehovah se Getuies te word?

 Nee, want om God te aanbid is ’n persoonlike besluit (Romeine 14:12). Jehovah se Getuies leer hulle kinders Bybelbeginsels, maar wanneer die kinders ouer word, moet hulle self besluit of hulle een van Jehovah se Getuies wil word. – Romeine 12:2; Galasiërs 6:5.

 Net soos ander ouers, wil Jehovah se Getuies die beste vir hulle kinders hê. Hulle leer hulle kinders wat hulle dink goed vir hulle sal wees soos: praktiese vaardighede, morele waardes en godsdiensoortuigings. Jehovah se Getuies glo dat die Bybel ’n mens wys hoe om op die beste manier te lewe. Daarom probeer hulle Bybelwaardes vir hulle kinders leer deur die Bybel met hulle te studeer en Christelike vergaderinge saam by te woon (Deuteronomium 6:6, 7). Wanneer kinders ouer word, kan hulle dan ’n ingeligte besluit maak oor of hulle Jehovah se Getuies wil word soos hulle ouers.

 Doop Jehovah se Getuies baba’s?

 Nee. Die Bybel keur nie die doop van baba’s goed nie. Byvoorbeeld, die Bybel wys dat eerste-eeuse Christene die boodskap gehoor het, dit “met blydskap aanvaar het” en berou getoon het voordat hulle gedoop is (Handelinge 2:14, 22, 38, 41). Daarom moet ’n persoon oud genoeg wees om te verstaan wat die Bybel leer, dit glo en besluit om volgens hierdie leringe te lewe voordat hulle gedoop kan word. Dit is dinge wat ’n baba nie kan doen nie.

 Wanneer kinders ouer word, kan hulle besluit om gedoop te word. Maar hulle moet verstaan hoe ernstig die belofte is wat hulle maak.

 Verwerp Jehovah se Getuies hulle kinders as die kinders besluit om nie gedoop te word nie?

 Nee. Dit maak Getuie-ouers hartseer as ’n kind besluit om nie ’n Getuie van Jehovah te word nie. Maar hulle is nog steeds lief vir hulle kind en sal nie hulle verhouding met hulle kind verbreek as gevolg van die kind se besluit nie.

Elke persoon, maak nie saak hoe oud hulle is nie, moet vir homself besluit of hy gedoop wil word of nie

 Hoekom neem Jehovah se Getuies hulle kinders saam in die predikingswerk?

 Daar is baie redes hoekom ons ons kinders laat deelneem aan die predikingswerk. a

  •   Die Bybel beveel ouers om hulle kinders oor God te leer en om hulle op te lei om hom te aanbid (Efesiërs 6:4). Aanbidding sluit in dat ons ons geloof in die openbaar bekend moet maak, en daarom is die predikingswerk ’n belangrike deel van ’n kind se geestelike opvoeding. – Romeine 10:9, 10; Hebreërs 13:15.

  •   Die Bybel moedig jongmense spesifiek aan om “die naam van die Here te loof” (Psalm 148:12, 13, King James Version). ’n Belangrike manier om God te loof, is om met ander oor hom te praat. b

  •   Kinders word op ’n praktiese manier gehelp wanneer hulle saam met hulle ouers aan die predikingswerk deelneem. Byvoorbeeld, hulle leer hoe om met alle soorte mense te kommunikeer. Dit leer hulle om goeie eienskappe soos meegevoel, vriendelikheid, respek en onselfsugtigheid te ontwikkel. Dit help hulle ook om die Bybel se redes vir hulle geloof te verstaan.

 Neem Jehovah se Getuies deel aan vakansiedae of ander vieringe?

 Jehovah se Getuies neem nie deel aan godsdienstige vakansiedae of ander vieringe wat God nie goedkeur nie (2 Korintiërs 6:14-17; Efesiërs 5:10). c Byvoorbeeld, ons vier nie verjaarsdae of Kersfeesvieringe nie, want dit het nie ’n Christelike oorsprong nie.

Maar ons geniet dit om tyd saam met ons familie te spandeer en om geskenke vir ons kinders te gee. Ons laat nie toe dat die kalender vir ons besluit wanneer ons as families saam moet kuier of geskenke vir mekaar moet gee nie. Ons kuier bymekaar en gee geskenke regdeur die jaar.

Christenouers hou daarvan om vir hulle kinders te gee

a Gewoonlik is Getuie-kinders nie alleen in die predikingswerk nie. Daar is altyd ’n ouer of ’n verantwoordelike volwassene saam met hulle.

b Die Bybel noem ’n paar kinders wat God se hart bly gemaak het omdat hulle met ander oor hulle geloof gepraat het. – 2 Konings 5:1-3; Matteus 21:15, 16; Lukas 2:42, 46, 47.

d Party name is verander.