Spring na inhoud

Word daar van my verwag om een van Jehovah se Getuies te word as ek die Bybel saam met hulle studeer?

Word daar van my verwag om een van Jehovah se Getuies te word as ek die Bybel saam met hulle studeer?

 Nee, jy is onder geen verpligting nie. Miljoene mense geniet ons Bybelstudieprogram sonder om een van Jehovah se Getuies te word. a Die doel van die program is om jou te wys wat die Bybel leer. Wat jy besluit om met hierdie kennis te doen, hang van jou af. Ons besef dat geloof ’n persoonlike saak is.—Josua 24:15.

Kan ek my eie Bybel gedurende die studie gebruik?

 Ja. Al geniet ons dit om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif te gebruik en vir jou ’n gratis eksemplaar sal gee as jy een sou wou hê, kan jy met graagte jou eie Bybel gebruik. Jy kan omtrent die Bybel se boodskap van hoop en redding uit amper enige vertaling leer.

Waarom studeer julle met mense wat nie by julle geloof aansluit nie?

  •   Ons vernaamste beweegrede is ons liefde vir Jehovah God. Hy wil hê dat Christene dit wat hulle geleer het aan ander mense moet leer (Matteus 22:37, 38; 28:19, 20). Daar is vir ons geen groter voorreg as om “God se medewerkers” te wees en om mense te help om uit te vind wat sy Woord leer nie.—1 Korintiërs 3:6-9.

  •   Ons word ook beweeg deur ons liefde vir ons naaste (Matteus 22:39). Dit gee ons vreugde wanneer ons vir ander mense vertel van die wonderlike dinge wat ons geleer het.—Handelinge 20:35.

a Om jou ’n idee te gee van hoe groot hierdie studieprogram is: Gedurende 2023 is daar elke maand 7 281 212 Bybelstudies gehou, waarvan baie met meer as een persoon op ’n slag gehou is. Maar slegs 269 517 persone is daardie jaar as Jehovah se Getuies gedoop.