Spring na inhoud

Waarom besoek Jehovah se Getuies mense wat reeds hulle eie godsdiens het?

Waarom besoek Jehovah se Getuies mense wat reeds hulle eie godsdiens het?

Ons het gevind dat baie mense wat reeds aan ’n godsdiens behoort dit geniet om Bybelonderwerpe te bespreek. Ons respekteer natuurlik mense se reg om anders te glo as ons, en ons dwing nie ons boodskap op ander af nie.

Wanneer ons godsdiens bespreek, probeer ons die Bybelraad toepas om dit met “sagmoedigheid” te doen en “diep respek” teenoor die ander persoon te betoon (1 Petrus 3:15). Ons verwag dat party ons boodskap sal verwerp (Matteus 10:14). Maar ons weet nie hoe mense sal reageer totdat ons met hulle praat nie. Ons besef ook dat mense se omstandighede verander.

Byvoorbeeld, iemand is dalk vandag te besig om met ons te praat, maar sal dalk môre graag met ons gesels. En mense kom soms voor nuwe probleme of situasies te staan, wat daartoe lei dat hulle in die Bybel se boodskap begin belangstel. Ons probeer dus om by meer as een geleentheid met mense te praat.