Spring na inhoud

Wat sê die Bybel oor pornografie? Is kuberseks verkeerd?

Wat sê die Bybel oor pornografie? Is kuberseks verkeerd?

Die Bybel se antwoord

 Pornografie, kuberseks of soortgelyke bedrywighede word nie regstreeks in die Bybel gemeld nie. Maar die Bybel toon baie duidelik hoe God voel oor dade wat seks buite die huwelik of ’n verwronge beskouing van seks bevorder. Kyk na hierdie Bybelverse:

  •   “Maak dan dood julle liggaamsdele wat op die aarde is ten opsigte van hoerery, onreinheid, geslagsdrif” (Kolossense 3:5). In plaas van verkeerde begeertes dood te maak, laat pornografie dit eerder ontvlam. Dit maak ’n mens onrein, of vuil, in God se oë.

  •   “Elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk om hartstog vir haar te hê, [het] reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” (Matteus 5:28). Beelde van onsedelike seksuele gebruike wek verkeerde gedagtes wat tot verkeerde dade lei.

  •   “Laat hoerery en elke soort onreinheid of hebsug nie eens onder julle genoem word nie” (Efesiërs 5:3). Ons moet geslagsonsedelikheid nie eens vir vermaak meld nie, wat nog te sê daarna kyk of daarvan lees.

  •   “Die werke van die vlees is openbaar, en dit is hoerery, onreinheid . . . en soortgelyke dinge. Aangaande hierdie dinge waarsku ek julle vooruit, net soos ek julle reeds vooruit gewaarsku het, dat dié wat sulke dinge beoefen, God se koninkryk nie sal beërf nie” (Galasiërs 5:19-21). God beskou diegene wat pornografie gebruik of hulle aan kuberseks, telefoonseks of sexting skuldig maak, as onrein, sedelik besmet. As ons hierdie dinge beoefen, kan ons God se guns heeltemal verloor.