Spring na inhoud

Wat is die heilige gees?

Wat is die heilige gees?

Die Bybel se antwoord

Die heilige gees is God se krag in werking, sy werkende krag (Miga 3:8; Lukas 1:35). God stuur sy heilige gees uit deur sy energie na enige plek oor te dra om sy wil te volbring.—Psalm 104:30; 139:7.

Die Hebreeuse woord ruʹach en die Griekse woord pneuʹma word in die Bybel vertaal met die woord “gees”. Hierdie woorde verwys merendeels na God se werkende krag, of heilige gees (Genesis 1:2). Maar in die Bybel het hierdie woorde ook ander betekenisse:

Al hierdie betekenisse dra die gedagte oor van iets wat onsigbaar is, maar ’n sigbare uitwerking het. Net so is God se gees, “soos die wind, onsigbaar, onstoflik en kragtig”.​—An Expository Dictionary of New Testament Words, deur W.E. Vine.

Die Bybel verwys ook na God se heilige gees as sy “hande” of “vingers” (Psalm 8:3; 19:1; Lukas 11:20; vergelyk Matteus 12:28). Net soos ’n vakman sy hande en vingers gebruik om sy werk te doen, het God sy gees gebruik om dinge soos die volgende voort te bring:

Die heilige gees is nie ’n persoon nie

Deur na God se gees as sy “hande”, “vingers” of “asem” te verwys, toon die Bybel dat die heilige gees nie ’n persoon is nie (Eksodus 15:8, 10). ’n Vakman se hande kan nie onafhanklik van sy verstand of liggaam funksioneer nie; net so funksioneer God se heilige gees slegs soos hy dit rig (Lukas 11:13). Die Bybel vergelyk God se heilige gees ook met water en verbind dit met dinge soos geloof en kennis. Al hierdie vergelykings dui daarop dat die heilige gees ’n onpersoonlike krag is.—Jesaja 44:3; Handelinge 6:5; 2 Korintiërs 6:6.

Die Bybel gee die naam van Jehovah God en sy Seun, Jesus Christus, maar dit gee nêrens ’n naam vir die heilige gees nie (Jesaja 42:8; Lukas 1:31). Toe die Christenmartelaar Stefanus ’n wonderdadige, hemelse visioen gesien het, het hy net twee persone gesien, nie drie nie. Die Bybel sê: “Hy het, vol heilige gees, in die hemel ingetuur en God se heerlikheid gesien en Jesus wat aan God se regterhand staan” (Handelinge 7:55). As God se krag in werking het die heilige gees Stefanus in staat gestel om die visioen te sien.

Wanopvattings oor die heilige gees

Wanopvatting: Volgens 1 Johannes 5:7, 8 in die Ou Afrikaanse Bybelvertaling is die “Heilige Gees” ’n persoon en deel van die Drie-eenheid.

Feit: In 1 Johannes 5:7, 8 bevat die Ou Afrikaanse Bybelvertaling die woorde “in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde”. Maar navorsers het gevind dat hierdie woorde nie deur die apostel Johannes geskryf is nie en dus nie in die Bybel hoort nie. Professor Bruce M. Metzger het geskryf: “Dit is ’n feit dat hierdie woorde oneg is en geen reg het om in die Nuwe Testament te staan nie.”—A Textual Commentary on the Greek New Testament.

Wanopvatting: Die Bybel verpersoonlik die heilige gees, en dit bewys dat dit ’n persoon is.

Feit: Die Bybel verpersoonlik wel soms die heilige gees, maar dit bewys nie dat die heilige gees ’n persoon is nie. Die Bybel verpersoonlik ook die wysheid, die dood en die sonde (Spreuke 1:20; Romeine 5:17, 21). Daar word byvoorbeeld gesê dat die wysheid “werke” en “kinders” het en dat die sonde verlei, doodmaak en hebsug bewerk.—Matteus 11:19; Lukas 7:35; Romeine 7:8, 11.

Net so het Jesus, in die boek Johannes, die heilige gees verpersoonlik as ’n “helper” (parakleet) wat bewys sou lewer, leiding sou voorsien, sou spreek, sou hoor, bekend sou maak, sou verheerlik en sou ontvang. Hy het wel manlike persoonlike voornaamwoorde soos “hy” of “hom” gebruik toe hy na hierdie “helper” verwys het (Johannes 16:7-15). Maar hy het dit gedoen omdat die Griekse woord vir “helper” (pa·raʹkle·tos) ’n manlike selfstandige naamwoord is en volgens Griekse taalreëls ’n manlike voornaamwoord vereis. Toe Jesus in die boek Johannes na die heilige gees verwys het deur die onsydige selfstandige naamwoord pneuʹma te gebruik, het hy die onsydige voornaamwoord “dit” gebruik.—Johannes 14:16, 17.

Wanopvatting: Die feit dat iemand in die naam van die heilige gees gedoop word, bewys dat dit ’n persoon is.

Feit: Die Bybel gebruik soms die woord “naam” om te verwys na krag of gesag (Deuteronomium 18:5, 19-22; Ester 8:10). Dit is soortgelyk aan hoe dit gebruik word in die Afrikaanse uitdrukking “in die naam van die wetenskap”, wat nie beteken dat die wetenskap ’n persoon is nie. ’n Persoon wat “in die naam van” die heilige gees gedoop word, erken die krag en rol van die heilige gees in die verwesenliking van God se wil.—Matteus 28:19.

Wanopvatting: Jesus se apostels en ander vroeë dissipels het geglo dat die heilige gees ’n persoon is.

Feit: Dit is nie wat die Bybel sê nie, en die geskiedenis toon dit ook nie. Die Encyclopædia Britannica sê: “Die Heilige Gees is in 381 n.C. by die Konsilie van Konstantinopel as ’n afsonderlike goddelike Persoon ... omskryf.” Dit was meer as 250 jaar nadat die laaste apostel gesterf het.