Spring na inhoud

Spring na sekondêre kieslys

Jehovah se Getuies

Afrikaans

Waarom word Jesus God se Seun genoem?

Waarom word Jesus God se Seun genoem?

Die Bybel se antwoord

God het nie ’n letterlike vrou by wie hy kinders verwek het nie. Maar hy is die Skepper van alle lewe (Openbaring 4:11). Daarom is die eerste mens wat God geskep het, naamlik Adam, ’n “seun van God” genoem (Lukas 3:38). Die Bybel leer eweneens dat Jesus deur God geskep is. Jesus word dus ook ’n “Seun van God” genoem.—Johannes 1:49.

God het Jesus geskep voordat hy Adam geskep het. Die apostel Paulus het aangaande Jesus geskryf: “Hy is die beeld van die onsigbare God, die eersgeborene van die hele skepping” (Kolossense 1:15). Jesus se lewe het begin lank voordat hy in ’n stal in Betlehem gebore is. Trouens, die Bybel sê dat sy “oorsprong uit die vroeë tye is, uit die dae van onbepaalde tyd” (Miga 5:2). As God se eersgebore Seun was Jesus ’n geesskepsel in die hemel voordat hy as ’n mens op die aarde gebore is. Jesus self het gesê: “Ek het uit die hemel neergedaal.”—Johannes 6:38; 8:23.