Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

JONGMENSE VRA

Hoe kan ek leer om my ouers se reëls te aanvaar?

Hoe kan ek leer om my ouers se reëls te aanvaar?

Jy ken waarskynlik jongmense van jou ouderdom wat kan uitbly so laat as wat hulle wil, kan dra net wat hulle wil en saam met hulle vriende kan uitgaan net wanneer en waarheen hulle wil. Dalk is hulle ouers eenvoudig te besig om op te merk wat hulle kinders doen.

Die Bybel toon dat hierdie benadering tot die grootmaak van kinders nie suksesvol sal wees nie (Spreuke 29:15). Die gebrek aan liefde wat jy in die wêreld sien, is hoofsaaklik die gevolg van al die egosentriese mense, waarvan baie in huise sonder enige perke grootgemaak is.—2 Timoteus 3:1-5.

In plaas daarvan om jongmense te beny wat toegelaat word om te doen wat hulle wil, moet jy jou ouers se reëls probeer sien as ’n bewys dat hulle jou liefhet en besorg is oor jou. Deur redelike perke te stel, volg hulle Jehovah God na, wat vir sy volk gesê het:

“Ek sal jou insig gee en jou onderrig in die weg wat jy moet gaan. Ek sal raad gee met my oog op jou.”—Psalm 32:8.