Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Sê nou ek word onder druk geplaas om seks te hê?

Sê nou ek word onder druk geplaas om seks te hê?

“Is dit nie beter om in te gee nie?” vra jy dalk. “Almal doen dit tog.”

Stop en dink!

Feit: Nie almal doen dit nie.

Jy lees dalk wel van statistiek wat toon dat baie jongmense dit doen. Byvoorbeeld, volgens ’n studie in die VSA is 2 uit 3 jongmense in daardie land seksueel aktief teen die tyd dat hulle met hoërskool klaarmaak. Maar dit beteken ook dat 1 uit 3—’n aansienlike aantal—nie seksueel aktief is nie.

Wat van dié wat wel seksueel aktief is? Navorsers het gevind dat baie van hierdie jongmense een of meer van die volgende wrede ontnugterings ervaar.

Ontsteltenis. Die meeste jongmense wat voorhuwelikse seks gehad het, sê dat hulle agterna spyt was daaroor.

As jy jou aan voorhuwelikse seks skuldig maak, is dit soos om ’n pragtige skildery as ’n deurmat te gebruik

Wantroue. Nadat ’n paartjie seks gehad het, begin al twee wonder: ‘Met wie anders het hy/sy al seks gehad?’

Teleurstelling. Diep in hulle hart verkies die meeste meisies iemand wat hulle sal beskerm, nie sal gebruik nie. En baie seuns vind dat hulle minder aangetrokke voel tot ’n meisie wat ingegee het en met hulle seks gehad het.

Die slotsom: Jou liggaam is veels te kosbaar om weg te gee. Wys dat jy beginselvas is deur God se wette teen voorhuwelikse seks te gehoorsaam. Later, as jy wel eendag trou, kan jy seks hê. En jy sal dit ten volle kan geniet—sonder die bekommernis, spyt en onsekerheid wat so dikwels die gevolg van voorhuwelikse seks is.—Spreuke 7:22, 23; 1 Korintiërs 7:3.