Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Begin gesprekke wat tot ’n getuienis kan lei

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Begin gesprekke wat tot ’n getuienis kan lei

Jesus kon informeel vir ’n Samaritaanse vrou getuig omdat hy eers net met haar gesels het. Hoe kan ons ons vaardighede verbeter om gesprekke te begin met mense wat ons nie ken nie?

  • Wees vriendelik en praat met mense. Al was hy moeg, het Jesus sy gesprek begin deur net vir ’n bietjie water te vra. Jy kan iemand vriendelik groet en dan miskien iets sê oor die weer of oor iets wat in die nuus is. Onthou, die belangrikste is om eers net ’n gesprek te begin. Praat oor iets waarin die persoon dalk sal belangstel. As hy of sy jou ignoreer, is dit nie die ergste nie. Probeer dan om met iemand anders te gesels. Vra Jehovah om jou moed te gee. — Ne 2:4; Han 4:29.

  • Soek na ’n geleentheid om oor die goeie nuus te begin praat, maar moenie haastig wees nie. Laat die gesprek natuurlik vloei. As jy te intens raak, kan die persoon ongemaklik begin voel en ophou om met jou te gesels. Moenie te sleg voel as die gesprek ophou voordat jy oor die waarheid kan praat nie. As dit vir jou moeilik is om oor die goeie nuus te begin praat, kan jy vir eers net leer om gewone geselsies aan te knoop. [Speel en bespreek video 1.]

  • Probeer om ’n geleentheid te skep om met die persoon oor die waarheid te praat deur iets oor jou geloof te sê wat vir jou baie kosbaar is. Dit kan die persoon nuuskierig maak en hy sal dalk meer wil weet. Jesus se woorde het die vrou se belangstelling gewek en sy het vrae begin vra. Toe hy eindelik oor die goeie nuus begin praat het, het hy eintlik net haar vrae beantwoord. [Speel en bespreek video 2, en speel en bespreek dan video 3.]