Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lei hulle op om Jehovah getrou te bly dien

Lei hulle op om Jehovah getrou te bly dien

Ondervinding het bewys dat nuwe verkondigers wat van die begin af opgelei word om ’n gereelde en ywerige deelname aan die bediening te hê, dikwels bekwame verkondigers word (Spr 22:6; Flp 3:16). Hier is ’n paar voorstelle om ’n student te help om ’n goeie grondslag vir die bediening te ontwikkel:

  • Begin om jou student op te lei sodra hy as ’n verkondiger goedgekeur is (km 8/15 1). Beklemtoon hoe belangrik dit is dat hy die bediening deel van sy weeklikse roetine maak (Flp 1:10). Wees positief wanneer jy oor die velddiensgebied praat (Flp 4:8). Moedig hom aan om saam met die groepopsiener en ander verkondigers te werk sodat hy uit hulle ondervinding kan leer.—Spr 1:5; km 10/12 6 ¶3

  • Moenie ophou om jou student aan te moedig en in die bediening op te lei nadat hy gedoop is nie, veral as hy nog nie die ‘God se liefde’-boek voltooi het nie.—km 12/13 7

  • Gebruik ’n eenvoudige aanbieding wanneer jy saam met ’n nuwe verkondiger in die bediening werk. Prys hom opreg nadat hy sy aanbieding gedoen het. Gee wenke wat hom sal help om doeltreffender te wees.—km 5/10 7