Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | SPREUKE 22-26

“Lei ’n seun op volgens die weg vir hom”

“Lei ’n seun op volgens die weg vir hom”

Spreuke bevat goeie raad vir ouers. Net soos die manier waarop ’n jong boompie gebuig word ’n uitwerking het op hoe dit sal groei, sal kinders wat opgelei word meer geneig wees om Jehovah te dien terwyl hulle grootword.

22:6

  • Dit verg baie tyd en inspanning om kinders reg op te lei

  • Ouers moet ’n goeie voorbeeld stel en hulle moet hulle kinders goed onderrig, vermaan, aanmoedig en dissiplineer

22:15

  • Dissipline is liefdevolle opleiding wat die verstand en hart regstel

  • Kinders het verskillende vorme van dissipline nodig