Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

‘Vul jou hand met ’n geskenk aan Jehovah’

‘Vul jou hand met ’n geskenk aan Jehovah’

Hoe kan ons ‘vandag ons hand met ’n geskenk vir Jehovah vul’? (1Kr 29:5, 9, 14). Hieronder is verskillende maniere waarop ons vrywillige bydraes kan maak om die werk van Jehovah se Getuies in ons eie gemeente en regoor die wêreld te ondersteun.

BYDRAES AANLYN EN IN BYDRAEBUSSIES ONDERSTEUN:

  • DIE WÊRELDWYE WERK

    die oprigting en bestuur van takkantoorfasiliteite en satellietvertaalkantore

    teokratiese skole

    spesiale voltydse dienaars

    noodleniging

    drukwerk en die produksie van video’s en elektroniese media

  • ONS GEMEENTELIKE UITGAWES

    gemeentelike uitgawes, soos dienste en die basiese instandhouding van die Koninkryksaal

    enige resolusies wat deur die gemeente aangeneem word om fondse na die takkantoor te stuur vir:

    • die bou van Koninkryksale en Byeenkomssale regoor die wêreld

    • die Wêreldwye Bystandsreëling

    • ander bedrywighede regoor die wêreld

BYEENKOMSTE

Bydraes wat by julle streekbyeenkoms gemaak word, word vir die wêreldwye werk gegee. Die uitgawes vir streek-, spesiale en internasionale byeenkomste word dan deur die bydraes vir die wêreldwye werk gedek.

Bydraes wat deur ’n kring gemaak word, word gebruik om byeenkomsplekke te huur, te bestuur en in stand te hou en vir ander uitgawes in die kring. Soms neem ’n kring ’n resolusie aan om die geld wat oorbly vir die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies te stuur.