Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | HANDELINGE 6-8

Die nuwe Christengemeente se geloof word getoets

Die nuwe Christengemeente se geloof word getoets

6:1-7; 7:58–8:1

Griekssprekende weduwees wat kort tevore gedoop is en wat in Jerusalem aangebly het, is onregverdig behandel. Het hierdie onregverdigheid hulle laat struikel, of het hulle geduldig gewag dat Jehovah sake regstel?

Nadat Stefanus gestenig is, het kwaai vervolging veroorsaak dat Christene in Jerusalem in Judea en Samaria skuiling moes soek. Het hierdie Christene toe minder in hulle bediening gedoen?

Met Jehovah se hulp het die nuwe Christengemeente sterk gebly en gefloreer. — Han 6:7; 8:4.

VRA JOU AF: ‘Hoe hanteer ek dit wanneer my geloof getoets word?’