Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lesse uit die boek Jona

Lesse uit die boek Jona

Jehovah het die lewensverhale van manne en vroue van geloof in sy Woord laat opteken om ons waardevolle lesse te leer (Ro 15:4). Wat het jy uit die boek Jona geleer? Kyk na die video Gesinsaanbidding: Leer by Jona oor Jehovah se medelye, en beantwoord dan die volgende vrae:

  • Voor watter uitdagings het die drie verkondigers in die video te staan gekom?

  • Hoe kan die boek Jona ons aanmoedig as ons dissipline ontvang of as ons ons diensvoorregte verloor? (1Sa 16:7; Jon 3:1, 2)

  • Hoe kan Jona se verslag ons help om altyd positief te bly oor ons velddiensgebied? (Jon 4:11; Mt 5:7)

  • Hoe kan Jona se ondervinding ons vertroos wanneer ons ’n chroniese gesondheidsprobleem het? (Jon 2:1, 2, 7, 9)

  • Wat het hierdie video jou geleer oor hoe belangrik Bybellees en bepeinsing is?