Getuies bied die Gelukkige gesinslewe-brosjure in Georgië aan

LEWE EN BEDIENING – VERGADERINGWERKBOEK November 2017

Voorgestelde aanbiedings

Voorgestelde aanbiedings vir Die Wagtoring en om mense die waarheid te leer oor God se naam. Gebruik die voorstelle om jou eie aanbiedings voor te berei.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

“Soek Jehovah, en bly lewe”

Wat beteken dit om God te soek? Wat het met die Israeliete gebeur toe hulle opgehou het om Jehovah te soek?

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Doen ’n herbesoek

Hoe kan jy doeltreffende herbesoeke doen? Hou aan om belangstelling te ontwikkel, stel ’n doelwit vir elke besoek en hou jou einddoel in gedagte.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Leer uit jou foute

Die verslag van Jona wys dat Jehovah nie moed opgee met ons wanneer ons foute maak nie. Maar hy verwag dat ons uit ons foute leer.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lesse uit die boek Jona

As ons oor Jona se ondervinding peins, kan dit ons help om teleurstelling te oorkom, ’n negatiewe beskouing van ons bediening reg te stel en deur gebed vertroos te word.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Wat verwag Jehovah van ons?

Hoe hou ons aanbidding verband met ons verhouding met ons geestelike broers?

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Bly geestelik wakker en bedrywig

Dit het dalk nie gelyk of die Babiloniërs Juda sou vernietig nie. Maar die profesie sou wel vervul word, en Habakuk moes daarvoor gereed wees.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Bly geestelik wakker en bedrywig wanneer jou omstandighede verander

Wat sal ons help om geestelik wakker en bedrywig te bly wanneer veranderinge ons aanbidding en ons verhouding met Jehovah God negatief beïnvloed?