Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik jy JW Library?

Gebruik jy JW Library?

JW Library is ’n gratis app (sagteware-program) wat jou in staat sal stel om die Bybel en ander publikasies, video’s en oudio-programme op jou foon, tablet of rekenaar af te laai.

HOE OM DIT TE KRY: Gaan aanlyn, besoek ’n app store en installeer JW Library. Die app is beskikbaar vir verskeie toestelle. Maak dan JW Library oop, en kies die items wat jy op jou toestel wil aflaai. As jy nie by die huis toegang tot die Internet het nie, kan jy dit dalk by die Koninkryksaal, ’n openbare biblioteek of by ’n nabygeleë koffiewinkel doen. As die publikasies reeds op jou toestel afgelaai is, is dit nie nodig om aanlyn te gaan om dit oop te maak nie. Omdat nuwe items gereeld bygevoeg word op JW Library, moet jy van tyd tot tyd aanlyn gaan en bywerkings installeer wanneer dit beskikbaar is.

WAAROM MOET JY DIT GEBRUIK? JW Library maak dit maklik om persoonlike studie te doen en om gedurende gemeentelike vergaderinge te volg. Dit is ook nuttig vir die veldbediening, veral wanneer ons informeel getuig.