Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOB 6-10

Die getroue Job gee uiting aan sy benoudheid

Die getroue Job gee uiting aan sy benoudheid

Job het alles verloor en was bedroef en ernstig siek, maar hy het getrou gebly. Satan het dus probeer om Job te ontmoedig sodat hy sy onkreukbaarheid sou prysgee. Drie “metgeselle” het na hom toe gekom. Hulle het eers gemaak asof hulle simpatie met hom het. Daarna het hulle sewe dae lank in stilte by Job gesit, sonder om ’n woord te sê om hom te vertroos. Toe hulle wel met hom begin praat het, het hulle net aantygings teen hom gemaak en hom van baie slegte dinge beskuldig.

Job het ten spyte van intense druk lojaal aan Jehovah gebly

6:3; 7:16; 9:20-22; 10:1, 12

  • Sy groot droefheid het veroorsaak dat Job die verkeerde beskouing gehad het. Hy het verkeerdelik tot die gevolgtrekking gekom dat God nie omgee of hy aan Hom getrou bly of nie

  • Omdat Job so mismoedig was, het hy nie aan enige ander moontlike redes vir sy lyding gedink nie

  • Hoewel Job bedroef was, het hy nogtans met sy beskuldigers oor sy liefde vir Jehovah gepraat