Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Bly by Jehovah se sedelike standaarde

Bly by Jehovah se sedelike standaarde

Jehovah God sê vir mense wat die sedelike standaard is. Byvoorbeeld, hy beveel dat die huwelik ’n permanente verbintenis tussen ’n man en ’n vrou moet wees (Mt 19:4-6, 9). Hy veroordeel alle seksuele onsedelikheid (1Ko 6:9, 10). Hy gee selfs beginsels oor kleredrag en persoonsversorging wat sy volk anders maak as die res van die wêreld.—De 22:5; 1Ti 2:9, 10.

In vandag se wêreld verwerp baie mense Jehovah se standaarde (Ro 1:18-32). Hulle laat toe dat ander hulle beïnvloed wanneer dit kom by hulle kleredrag, persoonsversorging en gedrag. Baie mense spog oor hulle vieslike gedrag en kritiseer dié wat volgens hoër standaarde lewe.—1Pe 4:3, 4.

As Jehovah se Getuies moet ons moedig by God se sedelike standaarde bly en dit verdedig (Ro 12:9). Hoe? Ons moet vir ander op ’n taktvolle manier vertel wat vir God aanvaarbaar is. Maar ons moet self ook volgens hoë standaarde lewe. Byvoorbeeld, wanneer ons besluite oor ons kleredrag en persoonsversorging maak, kan ons ons afvra: ‘Weerspieël my keuses Jehovah se standaarde of die wêreld s’n? Identifiseer my kleredrag en persoonsversorging my as ’n godvresende Christen?’ Of wanneer ons besluit om na ’n program of fliek te kyk, kan ons ons afvra: ‘Sal Jehovah hierdie program goedkeur? Wie se sedelike standaarde word in hierdie program geadverteer? Kan my keuse dit vir my moeilik maak om versoekings te weerstaan? (Ps 101:3). Kan dit iemand in my gesin of enigiemand anders laat struikel?’—1Ko 10:31-33.

Hoekom is dit so belangrik dat ons by Jehovah se sedelike standaarde bly? Christus Jesus sal binnekort die nasies en alle goddeloosheid vernietig (Ese 9:4-7). Net diegene wat God se wil doen, sal oorbly (1Jo 2:15-17). Laat ons dan streng by Jehovah se sedelike standaarde bly sodat dié wat ons goeie gedrag sien, God kan verheerlik.—1Pe 2:11, 12.

Wat sê my kleredrag en persoonsversorging oor my sedelike standaarde?

KYK NA DIE VIDEO WORD JEHOVAH SE VRIEND—EEN MAN, EEN VROU. BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom is dit goed om by Jehovah se standaarde te bly?

  • Hoekom moet ouers hulle kinders van kleins af leer wat Jehovah se sedelike standaarde is?

  • Hoe kan jonk en oud ander help om ook God se seëninge te geniet?