Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoekom ons dit moet geniet om die goeie nuus te verkondig

Hoekom ons dit moet geniet om die goeie nuus te verkondig

Was dit al vir jou moeilik om te preek? Baie van ons sal ‘ja’ antwoord op hierdie vraag. Hoekom? Van die mense in ons gebied stel dalk nie belang nie of hou nie van ons nie. Of dalk is ons bang om met vreemdelinge te praat. Hierdie dinge kan ons ons vreugde laat verloor. En tog aanbid ons die gelukkige God wat wil hê dat ons hom met vreugde moet dien (Ps 100:2; 1Ti 1:11). Hoekom moet ons dit geniet om te preek? Hier is drie goeie redes:

Eerstens, ons verkondig ’n boodskap van hoop. Al voel mense vandag asof daar al hoe minder hoop is, kan ons hulle harte met “goeie nuus van iets beters” vul (Jes 52:7). Maar die goeie nuus van God se Koninkryk kan ook ons harte met vreugde vul. Voordat jy in die predikingswerk uitgaan, peins oor die seëninge wat God se Koninkryk na die aarde gaan bring.

Tweedens, die goeie nuus wat ons verkondig, hou vir mense fisiese en geestelike voordele in. Hulle hou op om dinge te doen wat vir hulle sleg is en verkry die hoop op die ewige lewe (Jes 48:17, 18; Ro 1:16). Ons werk kan vergelyk word met reddingswerk ná ’n ramp. Al wil party mense nie gered word nie, hou ons aan om te soek na diegene wat wel gered wil word.—Mt 10:11-14.

Derdens bring ons predikingswerk eer aan Jehovah, en dit is die belangrikste rede. Hy waardeer ons getuieniswerk baie (Jes 43:10; Heb 6:10). Hy gee ons ook sy heilige gees om hierdie werk te kan doen. Daarom moet ons Jehovah smeek om ons vreugde te gee, wat ’n produk van die heilige gees is (Ga 5:22). Met sy hulp kan ons ons vrese oorkom en met vrymoedigheid preek (Han 4:31). Dan sal ons dit geniet om te preek, ongeag hoe mense reageer.—Ese 3:3.

Watter gesindheid wil jy graag in die bediening hê? Hoe kan jy wys dat jy die velddiens geniet?

KYK NA DIE VIDEO KRY JOU VREUGDE TERUG DEUR STUDIE EN BEPEINSING. BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom moet ons geestelike eetgewoontes ’n prioriteit wees al doen ons elke maand baie velddiens?

  • Hoe moet ons die voorbeeld van Mary volg?

  • Wanneer maak jy daarvoor tyd om oor God se Woord te peins?

  • Hoekom geniet jy dit om die goeie nuus te verkondig?