Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

’n Eenvoudige lewe help ons om God te loof

’n Eenvoudige lewe help ons om God te loof

Vandag is dit maklik om ons lewe met baie dinge te kompliseer. Dit verg tyd en energie om besittings te gaan koop, om daarvoor te betaal, om dit in stand te hou en om dit veilig te hou. Jesus het ’n eenvoudige lewe gelei sodat materiële besittings sy aandag nie onnodig van sy bediening sou aflei nie.—Mt 8:20.

Hoe kan jy jou lewe vereenvoudig sodat jy meer in die bediening kan doen? Kan jou gesin ’n paar aanpassings maak sodat een van julle kan begin pionier? Het jy, al is jy reeds in die voltydse diens, geleidelik toegelaat dat materiële dinge jou lewe kompliseer? ’n Eenvoudige lewe in Jehovah se diens is ’n gelukkige en bevredigende lewe.—1Ti 6:7-9.

Skryf maniere neer waarop jy jou lewe kan vereenvoudig.